Viertrek-aksie laaste vir die jaar

Viertrek-aksie laaste vir die jaar

Die Rebel-viertrekklub bied Saterdag 25 November hul laaste byeenkoms van die jaar by Kobra Transport se terrein op Mosselbaai aan.

Die terrein bied ‘n stel uitdagende hindernisse wat die bestuurders en hul voertuie deeglik gaan toets.

Die inskrywingsgeld per voertuig beloop R350 en inskrywings kan van 07:00 af gedoen word. Die byeenkoms begin stiptelik om 09:00.

Privaat inskrywings is welkom en toeskouers kan hulself regmaak vir ‘n aksiebelaaide dag.

Oud en jonk kan die laaste byeenkoms kom geniet.

Daar sal aanwysingsborde na die terrein wees, maar onthou om die Herbertsdale-afdraai te neem.