2.2 Ford Ranger Nou beskikbaar in Auto! Artikel en Fotos: Johann van Tonder

2.2 Ford Ranger  Nou beskikbaar in Auto! Artikel en Fotos: Johann van Tonder

Ford se Ranger het behoorlik die kat in die hoenderhok gegooi toe die nuwe geslag bakkies plaaslik bekend gestel is. Verkope het die hoogte in geskiet en die Ranger het selfs die Hilux momenteel onttroon as as top verkoper bakkie in Suid Afrika. Sedertdien het Toyota geantwoord met ‘n nuwe Hilux, maar nou het Ford nóg ‘n salvo geskiet in die kompetisie vir die kroon.

Die Ranger-reeks is onlangs verder uitgebrei en met 36 modelle beskikbaar is dit nou die omvattendste bakkie reeks in Suid Afrika. Daar is nie minder nie as 9 outomatiese modelle bygevoeg gekoppel met die 2.2 TDCi enjin, wat beteken dat Ford nou spog met die enigste outomatiese enkelkajuit bakkie op die plaaslike mark.

Die media bekendstelling was nêrens anders as net hier in die Suid-Kaap, waar die bakkies deur hul passies gesit is op beide teer en grond paaie in die onmiddellike omgewing en Klein Karoo. Die bekendstelling is afgesluit op die Vleesbaai duineroete waar die 2.2 Ford Ranger 4×4 gewys het groter is nie noodwendig beter nie. Waar sommige manne glo dat jy vir so roete die 3.2 Ranger móét hê, het die 2.2 die stelling van alle waarheid ontbloot.

Die 2.2 TDCi diesel enjin lewer 118kW en 385Nm wringkrag, wat gekoppel aan die gerief van ‘n sesspoed outokas korte mette gemaak het van die duine. Vinnige en seepgladde ratwisselings is net die resep vir sandry. Maar terwyl die spelery ‘n bonus is, is die outomatiese modelle nie net bygevoeg vir die lewenstyl mark nie. Onder die 2.2 TDCi outo modelle is daar vyf 4×2 modelle en vier 4×4 modelle. Die kombinasie is ook beskikbaar in verskillende spesifikasievlakke in al drie bakvorme: enkelkajuit, Super-cab en dubbelkajuit.

Die outomatiese modelle maak nie nou net die enkelkajuit bakkie vir die eerste beskikbaar in ‘n outomatiese gedaante nie, maar bied ‘n meer ekonomiese opsie reg deur die reeks. Dis ‘n vry land en elke man se geld is sy eie. As jy daai 3,2 met sy tamaai 147kW wil ry, dan kan jy. Maar as finansies bietjie knyp en die 2,2 is meer in jou prysklas, moenie huiwer nie. Daai 2,2

Ranger gaan nie sommer in die veld terug staan vir die groter manne nie. Die prysverskil kan selfs ‘n lekker trip Afrika in finansier. Dis mos nou die slim keuse.

Die nuwe outomatiese modelle se pryse is as volg:

2.2 TDCi XL Single Cab 4×2 Auto                    R311 900

2.2 TDCi  XLS Single Cab 4×4 Auto                R426 900

2.2 TDCi XL Super Cab 4×2 Auto                    R357 900

2.2 TDCi XLS Super Cab 4×2  Auto                R411 900

2.2 TDCi  XLS Super Cab 4×4 Auto                R472 900

2.2 TDCi  XL Double Cab 4×2 Auto                 R384 900

2.2 TDCi  XL Double Cab 4×4 Auto                 R426 900

2.2 TDCi  XLS Double Cab 4×4 Auto               R517 900

2.2 TDCi  XLT Double Cab 4×2 Auto               R482 900

Al die modelle verkoop met ‘n 4-Jaar / 120 000km waarborg, ‘n 5-Jaar / 100 000km diensplan (opsioneel op die basis modelle) asook 3-Jaar padbystand. Diensintervalle is elke 20 000km.

img_6258 img_6262