2016 Opel Astra Stel nuwe standaarde vir sy marksegment

2016 Opel Astra  Stel nuwe standaarde vir sy marksegment

Met die plaaslike bekendstelling van die 11de generasie Opel Astra in die pragtige Oos Kaap, het die geveg om markaandeel in die hoogs kompeterende middelslag luikrug passassiermotorsegment skielik meer intensief geword. Die vorige generasie Astra het sy aanhangers gehad, maar die VW Golf en Ford Focus was aan die voorpunt met veral die Golf wie beindruk het met bougehalte en paddinamika.

Met die nuutste Opel Astra gaan dit verseker verander, want die nuwe model in die GM stal kom toegerus met ‘n rits standaard toerusting wat eens net beskikbaar en beskore was vir die veel duurder luukser motors op ons paaie. Behalwe vir ‘n moderne voorkoms, is die 2016 Astra se bougehalte, paddinamika, enjins en tegnologie wat my betref, aan die voorpunt van sy marksegment.

 

Van buite vertoon die nuwe model vars en modern. Voor tref die nuwe hoofligontwerp om die IntelliLux LED’s te akkommodeer en dan is daar die nuwe blink strook in die sierrooster. Agter is daar ook nuwe LED ligte en dan is daar die C-pilaar wat met ‘n swart invoegsel die illusie skep dat die dak in die lug hang.  Die nuwe model is 49mm korter, 26mm laer en tussen 120 en 200kg ligter as die uitgaande model, maar ongelooflik genoeg het die kajuit binne vergroot. Die kajuit voel verbasend ruim van agter die stuurwiel, veral met die sitplek op sy laagste verstelling. Die binneruim voel en vertoon duursaam en ek was veral beïndruk met die uitstekende afwerking en ergonomie van die nuwe model. Die kajuit kan vyf insittendes van gemiddelde grootte gemaklik hanteer en die been-, kop- en skouerruimte is heel billik, solank jy nou nie probeer om jou gunsteling rugbyspan se vaste vyf  tussen rugbystadions te skuif nie.

Die nuwe Opel Astra stel egter nuwe standaarde in sy segment wanneer dit by basiese toerusting en bestuurderhulpmiddele kom. Daar is ondermeer ESP (elektroniese stabiliteitsbeheer), HAS (hill start assist), EBD (elektroniese remkragverspreiding), ABS remme, LED dagryliggies, Bluetooth en USB koppeling met AUX skakeling, MP3/radio/cd klankstelsel, spoedbeheer met togkontrole, kragstuur met beheerskakelaars vir die telefoon/spoedbeheer en klankstelsel. Daar is ook Isofix hegpunte vir kinderstoeltjies. Voorts kom die Sport/Plus modelle met elektroniese klimaatbeheer, donker getinte agterste kantvensters en agterruit. Die ruitveërs het reënsensors en skakel outomaties aan as dit begin reën. Die tru-spieël verdonker ook as die motor agter jou se ligte te skerp is. Verder vou die kantspieëls elektries oop- en toe. Met ”Blind Spot Assist” word die bestuurder  gewaarsku met liggies in die kantspieëls as daar voertuie in sy blindekol sou inbeweeg.

 

Al die modelle in die nuwe Astra -reeks, met uitsondering van die 1.0liter intreemodel, kom standaard met die “Driver Asssist package” wat die byvoorbeeld die bestuurder waarsku van moontlike botsings en ook die remme outomaties aktiveer alvorens botsings plaasvind om die impak op die motor en insittendes te verminder. Die stelsel dui ook die volgafstand aan tussen jou en die motor voor jou asook die heersende spoedgrens in die gebied waarin jy bestuur. Die “Lane Keep Assist” stelsel met die “Opel Eye” kamerastelsel voor in die neus van die Astra “lees” die lyne op die padoppervlak. Die stelsel kan die motor terugbring in die baan waarin hy ry deur die remstelsel selektief te gebruik as daar vanuit die baan beweeg word.

 

Die luukser 1.6 T modelle kom standaard met verhitte leersitplekke voor en agter, verhitte stuurwiel, sleutelose toegang en skakeling, tru-kamera en self-parkering. Vir bietjie minder as R11,000 is ’n opsionele 8” raakskerm met sateliet navigasie op die 1,4 T Sport en 1,6T Sport modelle beskikbaar.

 

Die vlagskip 1.6 T Sport MT Plus model is voorts toegerus met ‘n klasleidende en segment-eerste  ”IntelliLux Matrix Adaptive Forward Lighting” stelsel. Die stelsel aktiveer of de-aktiveer een of meer van die 8 LED liggies in elke hooflig na gelang van behoefte om uitstekende en “intelligente” ligopsies te bied wanneer daar in die nag bestuur word. Die stelsel kan op vol sterkte die pad tot 350meter vorentoe verlig.

Daar is ondermeer ESP (elektroniese stabiliteitsbeheer), HAS (hill start assist), EBD (elektroniese remkragverspreiding), ABS remme, LED dagryliggies, Bluetooth en USB koppeling met AUX skakeling, MP3/radio/cd klankstelsel, spoedbeheer met togkontrole, kragstuur met beheerskakelaars vir die telefoon/spoedbeheer en klankstelsel. Daar is ook Isofix hegpunte vir kinderstoeltjies. Voorts kom die Sport/Plus modelle met elektroniese klimaatbeheer, donker getinte agterste kantvensters en agterruit. Die ruitveërs het reënsensors en skakel outomaties aan as dit begin reën. Die tru-spieël verdonker ook as die motor agter jou se ligte te skerp is. Verder vou die kantspieëls elektries oop- en toe. Met ”Blind Spot Assist” word die bestuurder  gewaarsku met liggies in die kantspieëls as daar voertuie in sy blindekol sou inbeweeg.

 

Al die modelle in die nuwe Astra -reeks, met uitsondering van die 1.0liter intreemodel, kom standaard met die “Driver Asssist package” wat die byvoorbeeld die bestuurder waarsku van moontlike botsings en ook die remme outomaties aktiveer alvorens botsings plaasvind om die impak op die motor en insittendes te verminder. Die stelsel dui ook die volgafstand aan tussen jou en die motor voor jou asook die heersende spoedgrens in die gebied waarin jy bestuur. Die “Lane Keep Assist” stelsel met die “Opel Eye” kamerastelsel voor in die neus van die Astra “lees” die lyne op die padoppervlak. Die stelsel kan die motor terugbring in die baan waarin hy ry deur die remstelsel selektief te gebruik as daar vanuit die baan beweeg word.

 

Die luukser 1.6 T modelle kom standaard met verhitte leersitplekke voor en agter, verhitte stuurwiel, sleutelose toegang en skakeling, tru-kamera en self-parkering. Vir bietjie minder as R11,000 is ’n opsionele 8” raakskerm met sateliet navigasie op die 1,4 T Sport en 1,6T Sport modelle beskikbaar.

 

Die vlagskip 1.6 T Sport MT Plus model is voorts toegerus met ‘n klasleidende en segment-eerste  ”IntelliLux Matrix Adaptive Forward Lighting” stelsel. Die stelsel aktiveer of de-aktiveer een of meer van die 8 LED liggies in elke hooflig na gelang van behoefte om uitstekende en “intelligente” ligopsies te bied wanneer daar in die nag bestuur word. Die stelsel kan op vol sterkte die pad tot 350meter vorentoe verlig.

 

Die 2016 Opel Astra modelreeks is beskikbaar met 3 petrolenjins waarvan 2 geheel nuut in die Suid Afrikaanse mark is. ‘n 1.0-liter Turbo ECOTEC ecoFLEX 3-silinder oondjie lewer 77kW/170Nm en kom in die 1.0T Essentia MT en 1.0T Enjoy handrat modelle. Amptelike brandstofverbruik word aangegee as 4.3 liters/100 km. Die 1.4 liter Turbo ECOTEC enjin met die 6-spoed handratkas lewer 110kW/230Nm terwyl die 6-spoed outomatiese weergawe, 245Nm se piek wringkrag teen dieselfde toere lewer. Die topmodelle in die reeks kom met ‘n 1.6 Turbo ECOTEC kragbron wat 147kW en 280Nm se piekverrigting uitskop. Met die “Overboost” ge-aktiveer word daar 20Nm bygevoeg. Topspoed vir die topmodel word aangegee as 235km/h.

 

Onderstel, vering, hantering, stuurgevoel en paddinamika is noemenswaardig goed met ‘n feitlik foutlose vertoning tydens ons rit wat hier en daar maar bedenklike gedeeltes padoppervlaktes ingesluit het. Die bougehalte van die nuwe Astra in geheel is indrukwekkend en die ritgehalte het die 6 uur lange bekendstellingsrit deur die pragtige Oos Kaapse landskap en oor drie bergpasse tussen Oos London na Port Elizabeth ‘n aangename ervaring gemaak.

 

Die kompetisie in hierdie marksegment het rede tot kommer. Die 2016 Opel Astra stel nuwe standaarde vir luuksheid, tegnologie, brandstofverbruik en dinamika in hierdie segment. 

 

Pryse:

1.0T Essentia R254 000
1.0T Enjoy R284 300
1.4T Enjoy MT R328 000
1.4T Enjoy AT R338 000
1.4T Sport MT R354 000
1.4T Sport AT R374 0001.6T Sport MT R387 000
1.6T Sport PLUS MT R407 000


Die Opel Astra is standaard beskikbaar met ‘n 5 jaar/120,000km waarborg en padbystandhulp asook ‘n ‘n 5 jaar/90,000km diensplan. Dienste moet elke 12 maande of 15 000 km gedoen word.

1