Alles op die spel op Gerotek. Wie sal die 2016-WesBank/SAGMJ-Motor van die Jaar kroon dra? Johann van Tonder

Alles op die spel op Gerotek. Wie sal die 2016-WesBank/SAGMJ-Motor van die Jaar kroon dra? Johann van Tonder

Die finaliste vir die 2016-WesBank/SAGMJ-Motor van die Jaar het onlangs deur ‘n strawwe evaluasie gegaan en ons was daar! Die evaluasie proses, wat gestrek het oor twee dae, het ingesluit ’n statiese evaluasie, toetsritte in die Gauteng verkeer en laastens ’n strawwe evaluasie by Gerotek in Pretoria.

Die toetsfasiliteit by Gerotek is van wêreld gehalte en gerat om alles van dinamiese hantering tot bou integriteit van elke voertuig te toets. Die finaliste word beoordeel in ‘n reeks van kriteria wat insluit innovering, tegnologie, estetika, dinamika, veiligheid en waarde vir geld.
Die wenner van die gesogte Motor van die Jaar toekenning is gewoonlik ‘n motor wat opwinding, afwagting en passie by sy bestuurder ontlok. ‘n Motor wat werklik uitnemend is, nie net in sy klas nie, maar ook in die algehele mark. Die 2016 kompetisie is die eerste wat nuwe tegnologie inspan om die stem proses af te handel. Elke jurielid is toegerus met ’n ipad wat elke voertuig se besonderhede, asook sy vernaamste konkurente se besonderhede na jou vingerpunte bring. Dit is belangrik om te let dat die voertuie nie teen mekaar opgeweeg word nie, maar elk in sy eie segment. So byvoorbeeld kan ’n voertuig se prys, verrigting en verbruiksyfers, waarborge en selfs onderdeel en diens pryse vergelyk word met ander aanbeidings in sy segment en word dit gou duidelik of die betrokke voertuig uitstaan in sy eie segment.
Die wenner van die 2016 WesBank/SAGMJ-Motor van die Jaar kompetisie sal op 8 Maart tydens ’n glans geleentheid in Gauteng bekend gemaak word.
 Johann van Tonder en Dirk Gallowich behoord aan Suid Afrikaanse Gilde van Motor Joernaliste en is ’n assistent jurie lede vir die 2016-WesBank/SAGMJ-Motor van die Jaar.

Jaguar mazda opeladam Peugeot