Arbeidsbediening hou 4×4 uitdaging

Arbeidsbediening hou 4×4 uitdaging
MOSSELBAAI NUUS – Op 2 April word ‘n avontuurlike 4×4 byeenkoms op die plaas, Muldersvlei van Henning van Eeden, sowat 9km vanaf Brandwag ten bate van die Arbeidsbediening beplan.

Registrasie word vanaf 08:00 op die terrein gedoen en die uitdagings begin om 09:00. Die registrasiefooi is R350 per voertuig en dit sluit twee braaipakke in. Ekstra braaipakke sal te koop wees vir R35 elk. Braaikole en roosters sal voorsien word.
Al die fondse sal vir die Arbeidsbediening in die Mosselbaai-omgewing aangewend word. ‘n Dag van groot pret en plesier en uitdagings word in die vooruitsig gestel, met graad 1- tot 4-roetes wat wag om getakel te word.
Koffie en beskuit vroegoggend by die wegspring sal die vlinders op die maag tot bedaring bring, terwyl braaivleisetes die middag teen R70 per persoon beskikbaar sal wees.
Moenie uitstel nie; bespreek vroegtydig om deel van die pret te wees by Johan Fourie (082 821 3496), Bennie du Randt (071 345 7397) of Tobie Douglas (076 328 7991).