Audi trakteer kliënte Johann van Tonder George

Audi trakteer kliënte Johann van Tonder George

Audi Centre George, Tipsys Liquor Boutique en Tada Promosies het onlangs weer saamgespan en ‘n glans geleentheid aangebied waar kliënte in gemaklike omstandighede kon saam kuier terwyl hul die prima produkte van nader kon bekyk. Audi se beste voertuie is uitgestal.

Tipsy’s Liquor het kliënte getrakteer met wyne van D’Aria en Niel Joubert, terwyl kok Francois De La Motte van Frankly Fresh bypassende kosse saam met elke variteit wyn bedien het. Die talentvolle Shaza Greeff het gaste vermaak met sang terwyl Tarren Stephenson van Tada Promosies seker gemaak het al die gaste is gerieflik.

 

Die aand was ‘n reuse sukses en beloof om ‘n meer gereelde geleentheid te word. Audi se voertuie is beskikbaar om getoetsbestuur te word en dan kan voornemende kliënte ook sommer uitvind wanneer die volgende geleentheid sal plaasvind.

ae1 ae2