AutoCape.co.za

Die Suid-Kaap se een-stop Webtuiste! Of dit nou ’n werkswinkel, onderdele handelaar, finansiering, versekring, of enige iets anders motorverwant is, dit is met die klik van ‘n knoppie beskikbaar – boonop met duidelike roete aanwysings na jou bestemming.

Nou wat maak dit anders as al die ander tweedehandse motor soekenjins en webtuistes?

AutoCape.co.za is ‘n webtuiste met die primêre fokus op die gebruiker opsoek na enige iets met betrekking tot die plaaslike motorbedryf. Ons soek-resultate lewer plaaslike resultate op. Jy hoef dus nie Limpopo toe te ry om jou motor te diens of jou nuwe Uno te gaan haal nie. Wat meer is, ons databasis is geintegreer met Google Maps. Sleutel jou straatadres by die soektog in en ons wys jou presies hoe ver jou droom voertuig van jou huis af is! Jy kan selfs via Google Maps Streetview kyk hoe die handelaar lyk sodat jy presies kan weet waar om jou produk of voertuig te kry. Werkswinkels, onderdele handelaars, finansiering, versekring, alles en nog wat is beskikbaar met die klik van ‘n knoppie. Voorts word die handelaars, produkte en voertuie op ons webtuiste professioneel geindekseer op Google, dus sal potensiële kliënte op ons adverteerders se produke afkom selfs van buite die web-omgewing van Autocape self.

Laaste, maar nie die minste nie, word daar ook aandag gegee aan plaaslike motorsport, motorskoue en kompetisies deur middel van ‘n interaktiewe kalender wat al die nodige inligting verskaf. En natuurlik word Ultimate Drive geintegreer binne die webtuiste. Jy kan dus al die beste artikels en foto’s aanlyn besigtig, al het jy die laaste kopie gemis.

Voortaan gaan ons ons daarop toespits om AutoCape.co.za te ontwikkel nie net as die volledigste plaaslike motorwebblad nie, maar ook as ‘n motorvertoonvenster wat lesers in staat sal stel om haas enigiets wat motorverwant is, op ‘n eenvoudige, veilige en bevredigende wyse op die internet te kan opspoor. Kortliks, dit is ‘n een-stop-vertoonvenster wat aan die Suid-Kaap motorgeesdriftiges se behoeftes voldoen.