Chev se Captiva verder verfyn vir 2016 Artikel en fotos: Brian Cheyne

Chev se Captiva verder verfyn vir 2016 Artikel en fotos: Brian Cheyne

General Motors Suid Afrika (GMSA) het sopas die verbeterde Captiva bekendgestel vir 2016. Die Captiva het sedert sy bekendstelling in 2007 al meer as 16000 eenhede verkoop en dit is maklik om te sien hoekom.

Die praktiese 7 sitplek konfigurasie en lang lys standaard toerusting maak die Captiva ‘n baie aantreklike keuse in hierdie marksegment. Vir 2016 is daar geringe veranderinge aangebring. GMSA het by die bekendstelling die 2015 model ook beskikbaar gehad om die twee te kan vergelyk.
Die grootste verandering is aangebring aan die voorkant, met ‘n splinternuwe sierrooster en hoofligte wat nou pronk met dagry ligte. Die bekende Chevrolet strikdassie is nou heelwat kleiner en sit effe hoër as die vorige model. Die sierroorster bevat nou dwars sparre en chroom aksente wat die nuwe gesig van die Chevrolet familie gaan word. Agter behou Captiva sy kurwes en die agterligte is nou LED eenhede. Die chroom uitlaatpype dra ook tot die sportiewe voorkoms by. Aan die kant is daar nou ‘n trap. Die wielrondings is nou in twee opsies beskikbaar, afhangende van die voertuig se kleur. Die hele pakket gee die Captiva ‘n vars nuwe voorkoms.
Die veranderinge binne is baie meer subtiel. Die Captiva is steeds ‘n ruim en praktiese voertuig en die derde ry siktplekke vou plat in die vloer in as dit nie in gebruik is nie. Voor is Chevrolet se Mylink Infotainment Centre, wat bestaan uit ‘n 7” aanraakskerm. Hierdie stelsel maak die koppeling tussen slimfoon en voertuig nog makliker en het selfs nou ‘n eienskap wat dit moontlik maak vir die slimfoon om sekere toepassings op die skerm te kan projekteer. Meeste van die funksies kan van die herontwerpte stuurwiel beheer word. Die lys van standaard toerusting sluit, onder andere, in:
• Ritrekenaar
• Elektries verstelbare bestuurder sitplek
• Dubbelsone klimaat beheer
• Tru parkeersensors
• Sleutellose ingang
• Spoedbeheer
• Elektriese toevou spieëls

Die Captiva is beskikbaar in twee enjin variante: ‘n 2.4 liter petrol en 2.2 liter Diesel. Die petrol model kan bestel word in automaties of ‘n 6-spoed handrat model. Die diesel is slegs beskikbaar in automaties.
Pryse sluit in ‘n 3 jaar/60000km diensplan. Die waarborg en padbystandsdiens strek oor 5 jaar of 12000km.
Chevrolet Captiva 2.4 LT FWD M/T R 396 600.00
Chevrolet Captiva 2.4 LT FWD A/T R 415 500.00
Chevrolet Captiva 2.2 D LT FWD A/T R 431 300.00

Chev1