Die Legende is hier! Honda Africa Twin Johann van Tonder

Die Legende is hier! Honda Africa Twin  Johann van Tonder

Om ‘n legende te laat herleef is nie maklik nie.

In 1984 het Honda besluit om ‘n motorfiets te bou met ‘n enkele doel in gedagte: om te kompeteer in die lang afstand wedren genaamd die Paris-Dakar.

Die motorfiets was so vêr voor die kompetisie dat hy die daaropvolgende jare die Paris-Dakar totaal oorheers het. ‘n Produksie motorfiets gebasseer op die kompetiesie motorfiets is in 1986 bekendgestel. Hierdie motorfiets, die Africa Twin, het oor die jare wat gevolg het homself gevestig as een van die beste avontuur motorfietse wat ooit gebou was. Na verskeie modelle is produksie gestaak in 2003, maar die Africa Twin is tot vandag toe ‘n gesogde ikoon.

Nou, 12 jaar later, het Honda die Africa Twin naam laat herleef. Die nuwe Africa Twin is laat in 2015 wêreld wyd bekend gestel, maar vir Suid Afrikaners was daar nog drie lang maande se wag. Dit het egter nie die verkope gekeer nie. Oor die laaste twee maande is daar meer Africa Twins van die hand gesit as enige ander motorfiets in sy klas. En uiteindelik is die motorfietse hier!

Die motorfiets is met ‘n spog geleentheid in die Suid Kaap by Honda Wing George onthul. Verwag om eersdaags baie van hierdie motorfietse op die pad te sien.

IMG_09191 IMG_09321