Erfenistoer Johann van Tonder George

Erfenistoer Johann van Tonder George

Die Suid-Kaap Oumotorklub (SKOMK) is op 3 Junie 1988 te George gestig en bestaan uit ‘n groep mense wat passievol is oor die bewaring van ons vervoer-erfenis, of dit nou motors, motorfietse of plaasimplemente van toeka se dae is. Alhoewel die SKOMK die bekendste is vir die jaarlikse George Oumotorskou wat in Februarie van elke jaar plaasvind is die gesinsklub ook deur die jaar besig met verskeie bedrywighede.

Vandeesmaand bied die Suid-Kaap Oumotorklub vir die vyfde jaar weer die Liquorland Erfenistoer aan. Die opwinding loop hoog onder die deelnemers met 27 motors wat voor Desember 1975 vervaardig was (wat insluit 7 Veteraan motors) wat by die jaar se toer ingeskryf het. Vanjaar se toer neem die statige ou dames deur die Wes Kaap op ‘n roete van 1250km wat insluit 7 passe en 15 dorpe.

 

Diegene wat die statige ou dames wil besigtig is welkom om Saterdag oggend 24 September by Liquorland Pre Cap by die Mini pick & Pay in Courtney straat aan te doen. Die deelnemers trek saam voor 7:00 en vertrek stiptelik om 7:30 op die erfenistoer wat beloof om vyf dae van opwinding en nostalgie te lewer.

 

Opbrengste uit die erfenistoer gaan aan ‘n liefdadigheids organisasie en verseker ook die voortbestaan van die oumotor beweging sodat ons nageslag ook die nostalgie van vervloeë dae se motors kan ervaar.