George Oumotorskou vier 21 jaar

Die George Oumotorskou, gedrewe deur Oakhurst Versekeringsmaatskappy Beperk, vier sy 21ste bestaansjaar op 11 en 12 Fbruarie 2017.

 

Die 2017 George Oumotorskou is onlangs tydens ‘n ontbyt by die Protea Hotel Mariott King George bekendgestel. Organiseerders het van die hoogtepunte van die skou toegelig.

“Tydens hierdie jaarlikse geleentheid van die Suid-Kaap Oumotorklub (SKOMK) gaan die George Oumotorskou se 21ste bestaansjaar gevier word met ‘n uitstalling van sowat 1 000 voertuie,” het Phillip Rosser, voorsitter van die reëlingskomitee van die 2017 skou tydens die ontbyt gesê. “Ons verwag dat meer as 2016 se rekordtal van meer as 12 000 besoekers die skou in 2017 gaan bywoon.”

 

“Die George Oumotorskou is sekerlik een van die grootste jaarlikse geleenthede in die ganse Wes-Kaap. Omdat ons ingestel is op die gesin en veral voertuie, is dit vir ons ‘n vreugde om weer deel te neem,” het Peter Grindlay, besturende direkteur van Oakhurst Versekeringsmaatskappy Beperk in ‘n brief gesê wat tydens die ontbyt voorgelees is.

In 2017 sal die spesiale uitstalling fokus op voertuie wat in Duitsland vervaardig is. Kobus Harris, president van SKOMS, se rooi 1960 Mercedes Benz 190 SL sportmotor en sy maroen 1959 Mercedes Benz 220 S sedan sal deel vorm van die uitstalling.

 

Kontak Phillip Rosser by 082 410 5490 of Chris van Staden by 082 491 5254 vir meer inligting, of besoek die Suid-Kaap Oumotorklub se webblad by www.scocc.co.za om jou voertuig vir die George Oumotorskou 2017 te registreer.