Honda Civic Launch Johann van Tonder

Honda Civic Launch Johann van Tonder

Honda het onlangs die tiende generasie van die nuwe Honda Civic aan die Suid Afrikaanse motormedia bekend gestel. Kort op die hakke van die bekendstelling is die Civic plaaslik met ‘n glansgeleentheid by Honda George aan die publiek gewys. Met ‘n vars nuwe vorm, meer kajuit spasie en laer verbruik bou die nuwe Civic voort op die baanbrekerswerk wat die vorige Civics sedert 1973 doen. Dis reg, die Honda Civic word al 40 jaar verkoop en daar is al meer as 23mijoen eenhede van die gewilde motor in 170 lande en streke wêreldwyd verkoop.

Gaste het die geleentheid gehad om die nuwe Civic van nader te bekyk, terwyl beide die verkoopspersoneel en plaaslike motor joernaliste byderhand was om met die gaste te gesels oor die nuwe model. Die nuwe Civic is ‘n groot verbetering op sy voorganger en die motor is beskikbaar om een self te gaan toetsbestuur.

hl1 hl2