Hyundai Tucson Johann van Tonder

Hyundai Tucson Johann van Tonder

Die storie van Hyundai in Suid Afrika is ‘n interessante een. Suid Afrikaners was eers sku vir motors uit Korea en alhoewel Hyundai vining ‘n paar harte gewen het, het dit vining in ‘n nagmerrie ontaard toe die invoerder van die motors onder gegaan het. Toe die Imperial groep besluit om die Koreaanse handelsnaam weer te laat herleef het ‘n behoorlike opdraende stryd gewag. Verkope was aanvanklik traag.

Wat Hyundai nodig gehad het was ‘n ster-motor. Dit het gekom in die Hyundai Getz. Hierdie gewilde klein motor het Hyundai vining terug op die spreekwoordelike kaart geplaas en kort na die Getz het die Tucson sy opwagting gemaak, presies toe die mark grootliks begin oorskuif het na mediumgrootte sportnutsvoertuie. Die regte produk op die regte tyd teen die regte prys. Die res is geskiedenis. Sedert sy bekendstelling in 2005 totdat die model in 2010 uitgefaseer is, het 22716 Tucsons in Suid Afrika verkoop wat die model loshande die segmentleier van sy tyd gemaak het.

 

Soos die Getz vervang is deur die luikrug i-modelle, is die Tucson vervang met die iX35. Nuwe nomenklatuur vir ’n nuwe reeks produkte. Soos sy Tucson voorganger was die iX35 ’n kits sukses, grootliks te danke aan die “Fluidic Sculpture” ontwerp wat die sportnuts ’n aantreklike, moderne voorkoms gegee het. Die Tucson naam is egter met heimwee onthou en die iX35 is inderdaad in ander wêrelddele steeds as ’n Tucson verkoop. Nou, in 2016, maak die nuwe generasie sy debuut en nie net is die Tucson naam terug nie, die voertuig is mooier as ooit.

 

Toegerus met ‘n nuwe turboaangejaagde petrolenjin sal die nuwe Tucson voortbou op die suksesse van sy voorgangers. Die 2016 Tucson deel ‘n platform met die Kia Sportage wat die wielbasis met 30mm rek en die bak 65mm langer en 30mm breër maak as die iX35. Die nuwe stillering herhinder sterk aan die ouboet Santa Fé, met die Tucson wat hurk oor sy wiele met groot wielboë en uitgeboude flanke wat saam met die lang kant- en daklyn na agter swiep.

 

Ook die nuwe kajuit beïndruk. Die instrumentepaneel en sentrale konsole is intuïtief uitgelê, terwyl die swart afwerking met dowwe aluminium beindruk. ‘n Digitale klank/radio stelsel met ses luidsprekers is standaard. In die luukser Elite spesifikasievlak bied ’n groot glasdak ’n ruim gevoel, terwyl ‘n R15,000-00 opsionele ekstra raakskerm met die nuwe generasie navigasie nou ook beskikbaar is. Veiligheid is nie agterwee

gelaat nie en die 2016 Tucson spog met ‘n 5-stêr Euro NCAP veiligheidsgradering en kom standaard met ses lugsakke, blindekol sensors en ‘n stelsel wat die voertuig stabiliseer wanneer van bane verwissel word.

 

Die viersilinder 1,6 liter turbo petrolenjin lewer 130kW/265Nm en maak sy toetrede plaaslik in ‘n Hyundai SUV met beide voorwielaandrywing en AWD opsies beskikbaar. Standaard is egter voorwielaandrywing deur Hyundai se eie 6-spoed handratkas. Hyundai se 7-spoed dubbelkoppelaar ratkas is opsioneel beskikbaar maar kom standaard in die AWD Elite topmodel. ‘n Natuurlik geaspireerde tweeliter petrolenjin wat 115kW/196Nm lewer is ook beskikbaar, maar is slegs beskikbaar in die ‘Premium’ afwerkingspesifikasie met die keuse van ‘n 6-spoed handratkas of 6-spoed outomaties.

 

Pryse is soos volg:

 

Hyundai Tucson 2.0 Nu Premium (Handrat) – R359 900
Hyundai Tucson 2.0 Nu Premium (Outomaties) – R379 900
Hyundai Tucson 2.0 Nu Elite (Outomaties) – R439 900
Hyundai Tucson 1.6 TGDi Executive (Handrat) – R419 900
Hyundai Tucson 1.6 TGDi Elite DCT AWD – R499 900

 

Hyundai se 5jr/150 000 km vervaardigers waarborg asook ‘n markleidende verdere 7jaar/ 200 000 km waarborg op die aandryfstelsel, is standaard, asook

1 2