NUWE TOYOTA FORTUNER Beter as ooit Deur DIRK GALLOWITZ

NUWE TOYOTA FORTUNER Beter as ooit Deur DIRK GALLOWITZ

Warm op die spoor van sy nuwe Hilux bakkie in Suid Afrika, het Toyota SA laasweek die nuwe Fortuner medium grootte sportsnuts plaaslik bekendgestel.

Die eerste Fortuner is in 2006 in SA geloods en het sedertdan koning gekraai in daardie baie gewilde segment vir 4×4 liefhebbers en buitelug-leefstylers. Die oorsprong dateer terug na 1984 toe ’n middelgrootte sportnuts wat die Hilux Surf genoem is, in sekere markte soos Brasilië, Australië, Nieu-Seeland, die Verenigde Koninkryk, Pakistan en Afghanistan geloods is. Die Fortuner is in 2006 plaaslik geloods, maar na 10jaar op ons plaaslike paaie en etlike opgraderings later, kon die eerste generasie se ouderdom egter nie meer langer  deur gereelde mooimaaksessies verbloem word nie.

Die tweede generasie 2016 Fortuner word gebou op dieselfde platform as die nuwe Hilux bakkie en vertoon veel meer imponerend as die vorige model. Met ‘n wielbasis van 2,7 meter is die nuwe model 4.7m lank, 1.8m breed en staan 1.8m hoog op sy wiele. Die nuwe Fortuner mag dalk ’n paar kenmerke met sy Hilux-stalmaat onder die metaal deel, maar wat ontwerp betref, is die verskille en verbeterings egter drasties.

Van buite is daar aan die voorkant duidelike trekke na die nuwe Hilux, veral met die neus ontwerp en sierrooster. Tog vertoon die nuwe Fortuner meer aggressief en indrukwekkend, terwyl die algehele voorkoms en veral die agterkant meer aan die luukser en groter Prado herinner. 

Algeheel lyk die nuwe model veel luukser en meer modern as die uitgaande model met ‘n meer indrukwekkende voorkoms. 
Die kajuit binne is ruim en ‘n baie groot verbetering op die vorige model. Afwerking, selfs in die goedkoper modelle, voel luuks met selfs die harde plastiek oppervlaktes wat duursaam vertoon. Terwyl die algehele indruk steeds die van ‘n duursame sportnuts is, bring die dowwe aluminium afwerking en groot raakskerm ‘n moderne gevoel in die netjiese kajuit. Die sitplekke sit gemaklik, met genoeg been, skouer en kopspasie vir 5 fris voorspelers in die eerste twee rye sitplekke. Die derde ry se twee sitplekkies moet maar liefs vir die skrumskakel en haker in die skolespan gereserveer word.

 

Die ontwerp van die voorpaneel, stuurwiel en instrumentasie in die nuwe Hilux en Fortuner is ‘n baie groot verbetering op die uitgaande modelle. Baggasie spasie is 200 liter met al drie rye sitplekke in plek en vergroot na 700 liter as die derde ry sitplekke opgeslaan is. Maak jy egter ook die 2de ry sitplekke platlê kan jy 1080 liter se bagasie inlaai.

 

Vir my persoonlik was die grootste verrassing tydens ons bekendstellingsrit egter die ritgerief, hantering en paddinamika van die 2016 Fortuner. Ons het redelik teer en grondpad gery en ook die Fortuner se 4×4 vermoë gaan toets

aggressief en indrukwekkend, terwyl die algehele voorkoms en veral die agterkant meer aan die luukser en groter Prado herinner. 

Algeheel lyk die nuwe model veel luukser en meer modern as die uitgaande model met ‘n meer indrukwekkende voorkoms. 
Die kajuit binne is ruim en ‘n baie groot verbetering op die vorige model. Afwerking, selfs in die goedkoper modelle, voel luuks met selfs die harde plastiek oppervlaktes wat duursaam vertoon. Terwyl die algehele indruk steeds die van ‘n duursame sportnuts is, bring die dowwe aluminium afwerking en groot raakskerm ‘n moderne gevoel in die netjiese kajuit. Die sitplekke sit gemaklik, met genoeg been, skouer en kopspasie vir 5 fris voorspelers in die eerste twee rye sitplekke. Die derde ry se twee sitplekkies moet maar liefs vir die skrumskakel en haker in die skolespan gereserveer word.

 

Die ontwerp van die voorpaneel, stuurwiel en instrumentasie in die nuwe Hilux en Fortuner is ‘n baie groot verbetering op die uitgaande modelle. Baggasie spasie is 200 liter met al drie rye sitplekke in plek en vergroot na 700 liter as die derde ry sitplekke opgeslaan is. Maak jy egter ook die 2de ry sitplekke platlê kan jy 1080 liter se bagasie inlaai.

 

Vir my persoonlik was die grootste verrassing tydens ons bekendstellingsrit egter die ritgerief, hantering en paddinamika van die 2016 Fortuner. Ons het redelik teer en grondpad gery en ook die Fortuner se 4×4 vermoë gaan toets by Klipbokkop bergreservaat buite Worcester. Toyota het in ‘n groot mate geslaag daarin om met die Fortuner se verbeterde onderstel en veerstelsel paddinamika te verbeter tot die vlak van ‘n goeie sedanmotor, sonder om afbreek te doen aan die voertuig se reputasie as ‘n formidabele veldryer. Met baie min bakrol en goeie insulasie teen pad- en windgeraas was die nuwe model heerlik op die teerpaaie van die Overberg en oor Du Toitskloof se pragtige pas. Self die paar kilometer se grondpadry was gemaklik. Die grootste verrassing was egter die nuwe Fortuner se vermoë om dik en los sand gemaklik te hanteer. Die baie wringkrag wat teen lae toere beskikbaar is het die sandry speeltyd heerlik en probleemvry gemaak.

 

Die nuwe 2,8 liter turbodiesel is veel meer verfyn as die uitgaande 3.0 D-4D en die 6-spoed ratkaste dra baie baie by tot ‘n heerlike ritervaring op die pad. Ek verkies die nuwe iMT 6-gang handratkas bo die van die nuwe 6-spoed outomaties, maar dit is maar persoonlike voorkeur. Die outokas met my bestuurstyl, het soms sy eie kop gevolg wanneer ek met die ratspane in “Sport”-modus gery het terwyl ons ‘n 2,8 GD model deur Du Toitskloof gelooi het, maar sal heerlik wees in stadsverkeer. Die outokas het my beïndruk in die sand so selfs die 4×4 manne sal dit geniet. Die nuwe model in 4×4 gewaad het soos die Hilux ‘n beheerknop langs die stuurwiel waar 4×4 geselekteer en ook na lae-strek oorgeskakel kan word. Met 279 mm grondvryhoogte en 265/65 17” tekkies is die nuwe Fortuner eintlik meer tuis in die veld as in die beton-oerwoud.

 

Die 2016 Fortuner gebruik dieselfde enjins wat beskikbaar is in die nuwe Hilux en bied ‘n keuse van twee petrol en twee nuwe turbodiesel enjins. Die nuwediesels is die 2.4-liter (110kW/400Nm) en 2.8-liter (130kW/420-450Nm) turboaangejaagde eenhede. Petrol enjins is die normaal ge-aspireerde 2.7-liter (122kW/245Nm) vier-silinder en die bekende 4-liter V6 met 175kW/376Nm. Amptelike brandstofverbruik word aangegee as 7 liter/100km vir die 2.4 litre GD handrat en 7.9L/100km vir die outokas. Die 2.8 litre GD gebruik 7.5 tot 8.5 liters/100km in handrat en outomaties respektiewelik.

 

Die 2016 Toyota Fortuner is ‘n heerlike ruim en gerieflike SUV wat gereed is vir die langpad, hetsy teer of grond, met uitstekende veldryvermoëns veral in 4×4 gewaad. Die nuwe model is luuks toegerus, met ‘n lang lys van geriefs-, veiligheids-  en bestuurhulpstelsels om enige rit, maar veral in die natuur ‘n genotvolle ervaring te maak. Die Fortuner ding in sy marksegment mee met veral die Chev Trailblazer, Ford Everest en Mitsubishi Pajero Sport en gegewe die gewildheid van die uitgaande model wat tussen 700 en 900 eenhede maandeliks verkoop het, gaan Toyota SA nie veel sukkel om sy verkoopteiken van 1000 eenhede per maand te haal nie. 

 

Voorgestelde kleinhandelpryse vir die nuwe Fortuner is as volg:

2.4 GD-6 Raised Body-handrat: R436 400

2.4 GD-6 Raised Body-outomaties: R453 400

2.7 VVT-i Raised Body-outomaties: R429 400

2.8 GD-6 Raised Body-handrat: R513 400

2.8 GD-6 4×4-handrat: R571 400

2.8 GD-6 Raised Body-outomaties: R531 400

2.8 GD-6 4×4-outomaties: R589 400

4.0 V6 4×4-outomaties: R633 400

Al die voorgestelde kleinhandelpryse sluit ’n waarborg van drie jaar /100 000 km en ’n diensplan vir vyf jaar /90 000km in.

fortuner-51 fortuner-91 fortuner-151