Opwindende Renault Kadjar bekendgestel

Opwindende Renault Kadjar bekendgestel

Renault het in die laaste paar jaar die motormark omtrent gebombardeer met nuwe en opwindende voertuie. Veral die jongste generasie Clio, Megane en Captur modelle is visuele kragtoere. Tog het die Duster, Sandero Stepway en in ‘n mindere mate die verouderde Koleos hulle spore verdien in die aktiwiteits arena en selfs ‘n reputasie gebou as betroubare, bekostigbare en heel skaflike gesinsmotors vir wanneer jy ook die stofpad wil aandurf. Die Franse vervaardiger het nou verder aan sy repertoire gebou toe hy so pas sy nuwe Kadjar in die sandduine van Atlantis aan Tafelbaai se kus bekendgestel het.

Renault beskryf die nuwe Kadjar as ‘n kruising tussen ‘n gesinsvoertuig en ‘n kompakte sportnuts met die 3-in-1 voertuig wat jou die prêt van ‘n luikrug, die praktiese aanwending van ‘n SUV en die verrigting van ‘n sportiewe stasiewa bied. Die nuwe Kadjar is 4.44m lank, 1.83m breed en kom met ‘n grondvryhoogte van 200mm. Die invals- en vertrekhoeke word aangegee as 18˚en 28˚ onderskeidelik en daar is voor- en agter beskermplate vir wanneer jy met die 4×4 model wil gaan verkenner speel. Hoe dit ookal sy, die voorkoms is treffend met die prominente Renault embleem in die vooraansig en pragtige modern lyne. Terwyl daar visuele ooreenkomste is met die nuwe Clio, is die Kadjar aansienlik meer lywig. Geskoei op die jongste generasie Nissan Qashqai se onderstel, maar effe langer, behoort dit dalk ‘n goeie idée van grootte te gee.

Die Kadjar is beskikbaar as drie modelle met twee enjinopsies. Daar is ‘n 1.2 liter turboaangedrewe viersilinder petrolenjin wat 96kW/205Nm maksimum krag lewer. Die enjintjie word ook gebruik in die nuwe Clio en spog met ‘n amptelike gemiddelde brandstofverbruik van 5,7l/100km. Die tweede enjinopsie is ‘n 1,6 liter viersilinder turbodiesel wat ook 96kW se piekkrag lewer, maar ‘n skaflike 320Nm se trekkrag uitskop. Brandstofverbruik vir die oliebrander word amptelik aangegee as ‘n gemiddelde 5,4l/100km. Beide enjinopsies is gekoppel aan ‘n heerlike 6-spoed handratkas.

Deur Dirk Gallowitz

Die 1,2 Turbo Expression is die intree model, gevolg deur ‘n luukser Dynamique model en dan die 1.6 dCi Dynamique 4×4 topmodel. Beide die goedkoper Expression en die duurder Dynamique afwerkingsvlakke is omvattend toegerus en kom standaard met ‘n 7” kleur skerm middel bo in die voorpaneel waarop al die klank/vermaak, ritinligting en kommunikasieskakeling vertoon en bedryf word. Met elektroniese handrem, banddruk monitors, spoedbeheer, MP3 radio/CD klankstel, Bluetooth/USB/AUX, Isofix hegpunte, Eco modus (bestuurstyl/ratverwisseling-effektiwiteit en remdoeltreffendheid word alles gemeet en op ‘n oulike skermpie vertoon) en selfs ‘n liggie om vir jou te wys wanneer is dit tyd om ratte te verwissel, is die Kadjar tussen die voorstes in sy segment met standaardtoerusting. Veiligheidstelsels sluit ondermeer in parkeersensors agter, afstandbeheerde sluit/alarmstelsel, ABS, EBD, EBA, ESP en ASR asook lugsakke voor vir die bestuurder en passassier met gordynlugsakke by elke deur. Die Expression loop op 16” wiele en ‘n volgrootte spaarwiel is standaard.

Die Dynamique afwerking kry dakrelings in gepoleerde aluminium afwerking, 17” wiele, LED hoofligte, misligte, SatNav, klimaatbeheer, lig-en reënsensors, sleutellose toegangn en skakeling met Renault se kaarttipe sleutel asook voor en agter parkeerhulp. Verder is die agterste vensters donker getint en die stuurwiel en ratkierie kry leerafwerking.

Tydens die bekendstellingsrit in die mooiste Kaap het die Kadjar beindruk met ‘n aangename rit, gemaklike hantering en goeie paddinamika. Die ruim kajuit het luuks gevoel en daar was verbasend min indringing van pad en windgeraas. Gee jy effe gas was die 1,2 liter turbo enjintjie egter hoorbaar teen hoë toere. Ons het met die 4×4 diesel topmodel in die sandduine van Atlantis gaan speel en tot my verbasing was die Kadjar heel gemaklik in die All Mode 4×4 modus met 3 verstellings. Met die relatief lae profiel bande afgeblaas tot so 0.8bar en met die diesel se lekker wringkrag kon ons heerlik speel sonder om vas te val.

Die nuwe Renault Kadjar ding mee in Suid Afrika met ondermeer die Toyota RAV, Nissan Qashqai, Kia Sportage, Hyundai Tucson, Mazda CX-5, Ford Kuga, VW Tiquan, Mitsubishi ASX en Nissan X-Trail met die X-Trail, Tucson en RAV seker die moeilikste opponente.

Pryse met bekendstelling

96kW Turbo Expression                 R359 900

96kW Turbo Dynamique              R384 900

96kW dCi Dynamique 4×4            R449 900

Alle Renault Kadjar modelle kom stadaard beskikbaar met ‘n 5-jaar/90 000km diensplan en ‘n

5 jaar/150 000km waarborg.

1