SA Motorfiets Fees Johann van Tonder

SA Motorfiets Fees  Johann van Tonder

Die eerste Suid Afrikaanse Motorfiets Fees is onlangs by Kyalami gehou. Die nuwe Fees, gereel deur Clarion Events van die Verenigde Koningkryk, beloof om nou ‘n jaarlikse instelling te word. Die fees is gehou oor ‘n periode van drie dae by die nuut geboude Kyalami resiesbaan waar motorfiets geesdriftiges selfs die kans gehad het om met die nuutste modelle om die baan te jaag.

Nuwe motorfiets modelle, toerusting en toebehore, uniek geboude motorfietse, toertjies en selfs lewendige optredes deur musiekgroepe soos die Parlotones en Gangs of Ballet het oud en jonk vermaak.

 

Die motorfiets vervaardiger KTM het die fees gebruik om hul nuwe Super Duke GT bekend te stel. Die motorfiets is ‘n langpad weergawe van die Super Duke, met ‘n groter petrol tenk, beter wind beskerming, gemakliker sitplek en selfs bypassende bagasie vir die ryer wat daarvan hou om bietjie te toer. Hou Ultimate Ride dop in die nabye toekoms vir ‘n volledige evaluasie van die indrukwekkende motorfiets!

1 2 3 4