Stanmar Handelaarsbekendstelling Johann van Tonder

Stanmar Handelaarsbekendstelling Johann van Tonder

Stanmar het onlangs tydens ‘n glansgeleentheid by die handelaar die nuwe SMART voertuie, asook die Mercedes C-Klas Koepee aan die plaaslike publiek bekend gestel. Hierdie voertuie is nuwe modelle in ‘n reeks van nuwe produkte wat Mercedes na die mark bring.

 

Die SMART handelsmerk word geken aan hul oulike klein voertuie, maar waar die SMART in die verlede ‘n nis handelsmerk was, beweeg veral die vierdeur smart ForFour nader aan die hoofstroom en teiken markaandeel in die algemene luikrug mark.

 

Toe die asemrowende C-Koepee onthul is, is daar behoorlik na die asems gesnak. Die C-Koepee deel sy bakvorm met die C-Klas sedan slegs tot by die A-pilaar. Daarna volg lang, elegante deure met raamlose vensters en ‘n soepel dak met ‘n vallende daklyn, pure koepee. Die model brei die C-Klas aanbieding uit en bied ‘n alternatief vir die koper wat verby die stadium van kinders karwy is en die vryheid het om ‘n meer sportiewe keuse te maak.

 

Stanmar Mercedes nooi graag voornemende kopers om die voertuig van hul drome te kom toetsbestuur.

1