Suid Afrika se Top 10 gewildste motors – April 2016

Suid Afrika se Top 10 gewildste motors – April 2016

Gedurende die vierdie maand van 2016 het die plaaslike motorbedryf ’n verdere insinking beleef wat manifesteer in al die fabrikate se verkoopsyfers. Elke probleem bied egter ’n geleentheid en terwyl die motormark sterk meeding vir verkope is daar ’n paar uitstekende kopies vir die voornemende koper.

Onder die Top 10 Passasier voertuie bly die Top 3 dieselfde met Volkswagen wat oudergewoondte die pas aangee. Die Polo Vivo, Polo en Corolla reeks toon egter al drie dramatiese laer verkoopsyfers. Die vierde plek word verower deur die Ford Ecosport wat een van die min voertuie is wat ’n effense toename in verkoopsyfers kon bewerkstellig. Nuut in die vyfde posisie lewer Toyota se nuwe Fortuner ’n kraglopie met 846 eenhede verkoop. Hierdie ou gunsteling sou altyd ’n wenner vir Toyota wees. Die sesde plek behoort aan die Fortuner stalmaat, die Toyota Etios, terwyl die Ford Figo val na die sewende posisie vanaf derde in Maart. Die Fiësta behou sy agtste posisie, terwyl BMW se 3-reeks val van sewende in Maart na negende in April. Renault se gewilde Clio maak die lys vol, met die Sandero wat die maand uit die Top 10 val.

Onder die bakkies het Toyota Ford gedurende April behoorlik ore aangesit. Toyota se verkope na die bekendstelling van die nuwe Hilux stoom voort terwyl die Ranger se verkope met 600 eenhede geval het. Dit beteken dat die Hilux ’n 800-eenheid buffer tussen die twee modelle opgebou het. Die derde plek word ingeneem deur die geduldige en betroubare Isuzu wat maand na maand sy 1000 eenhede handhaaf, gevolg deur sy halfton boetie die Chev Utility in vierde, beide een posisie hoër as in Maart. Ook een posisie hoër bevind die Nissan NP300 hom in vyfde, terwyl die halfton NP200 geval het van derde posisie na sesde. Volkwagen se Amarok verplaas Toyota se Land Cruiser uit die sewende posisie, terwyl die twee laaste posisies ingeneem word deur die nuwelinge Mazda BT-50 en Mahindra Bolero. Nissan Navara en Mahindra Scorpio val uit die Top 10 in April.

Fiësta behou sy agtste posisie, terwyl BMW se 3-reeks val van sewende in Maart na negende in April. Renault se gewilde Clio maak die lys vol, met die Sandero wat die maand uit die Top 10 val.

Onder die bakkies het Toyota Ford gedurende April behoorlik ore aangesit. Toyota se verkope na die bekendstelling van die nuwe Hilux stoom voort terwyl die Ranger se verkope met 600 eenhede geval het. Dit beteken dat die Hilux ’n 800-eenheid buffer tussen die twee modelle opgebou het. Die derde plek word ingeneem deur die geduldige en betroubare Isuzu wat maand na maand sy 1000 eenhede handhaaf, gevolg deur sy halfton boetie die Chev Utility in vierde, beide een posisie hoër as in Maart. Ook een posisie hoër bevind die Nissan NP300 hom in vyfde, terwyl die halfton NP200 geval het van derde posisie na sesde. Volkwagen se Amarok verplaas Toyota se Land Cruiser uit die sewende posisie, terwyl die twee laaste posisies ingeneem word deur die nuwelinge Mazda BT-50 en Mahindra Bolero. Nissan Navara en Mahindra Scorpio val uit die Top 10 in April.

Top 10 Passasier voertuie verkoop in April 2016:

  1. Volkswagen Polo Vivo – 1884 (2367)
    2. Volkswagen Polo – 1575 (1958)
    3. Toyota Corolla/Auris/Quest – 1054 (1214)
    4. Ford EcoSport – 943 (902)
    5. Toyota Fortuner – 846 (nuut)
    6. Toyota Etios – 785 (812)
    7. Ford Figo – 605 (1180)
    8. Ford Fiesta – 536 (676)
    9. BMW 3 Series – 411 (793)
  2. Renault Clio – 388 (521)

 

Top 10 Bakkies verkoop in April 2016:

  1. Toyota Hilux – 3221 (3273)
    2. Ford Ranger – 2413 (3004)
    3. Isuzu KB – 1004 (1042)
  2. Chevrolet Utility – 930 (934)
    5. Nissan NP300 – 479 (705)
    6. Nissan NP200 – 449 (1341)
    7. Volkswagen Amarok – 268 (274)
    8. Toyota Land Cruiser PU – 246 (285)
    9. Mazda BT-50 – 68 (65)
  3. Mahindra Bolero – 66 (90)

 

Ons wys daarop dat Mercedes, Kia en Hyundai nie indiwiduele syfers bekend maak nie. Syfers is beskikbaar gestel deur NAAMSA.

1