Suid Afrika se Top 10 gewildste motors – Junie 2016 Johann van Tonder

Suid Afrika se Top 10 gewildste motors – Junie 2016 Johann van Tonder

Gedurende die sesde maand van 2016 het die topverkopers oor die algemeen beter verkope aangeteken as in Mei. Die Top 2 bly dieselfde met Volkswagen wat oudergewoonte die pas aangee, terwyl Toyota hul plek in die plaaslike mark sement met die 3de, 4de en 5de plekke. Aan die nuwe Fortuner se kragtoer is daar nog geen einde nie, ‘n besondere vertoning in ag genome die prys en segment waar die voertuig meeding. Die sesde posisie behoort ook aan ‘n luukse voertuig, die BMW 3-reeks, drie plekke hoër as in Mei. Die Ford Ecosport is die enigste Top 10 motor in Junie met minder verkope en sak van 4de na 7de plek. Die laaste twee plekke word vandeesmaand ingeneem deur die Chev Spark en Renault Clio, terwyl die Renault Sandero en Golf 7 uit die Top 10 verdwyn.

Onder die bakkies was die verkope redelik bestendig, maar die groot nuus bly die tweestryd tussen Toyota se nuwe Hilux en die Ford Ranger. Drie maande terug het Hilux die pas aangegee met 800 eenhede meer verkoop as Ford. Die maand daarna was die voorsprong 400 eenhede. Nou is die verskil 200… Wat sal volgende maand inhou? Ander beweging in die Top 10 lys is Nissan se NP200 wat spring van 5de na 3de en Fiat se nuwe Fullback wat in die Top 10 debuteer in die 9de posisie. Mahindra se Scorpio is ook terug in die Top 10 terwyl die Nissan Hardbody en Navara uit die Top 10 vir bakkies verdwyn.

Top 10 Passasier voertuie verkoop in Jun 2016:

  1. Volkswagen Polo Vivo – 2354 (2131)
    2. Volkswagen Polo – 1987 (1713)
    3. Toyota Fortuner – 1405 (1333)
    4. Toyota Corolla/Auris/Quest – 1300 (1126)
  2. Toyota Etios – 1009 (731)
  3. BMW 3 Series – 847 (476)
  4. Ford EcoSport – 805 (1169)
    8. Ford Fiesta – 716 (563)
  5. Chev Spark – 625 (184)

10. Renault Clio – 589 (379)

Top 10 Bakkies verkoop in Jun 2016:

  1. Toyota Hilux – 3072 (3185)
    2. Ford Ranger – 2848 (2797)
    3. Nissan NP200 – 1076 (952)
  2. Isuzu KB – 1043 (1029)
    5. Chevrolet Utility – 964 (988)
    6. Nissan NP300 – 664 (604)
    7. Toyota Land Cruiser PU – 392 (316)
    8. Volkswagen Amarok – 207 (289)
    9. Fiat Fullback – 70
  3. Mahindra Scorpio – 66 (71)

 

Ons wys daarop dat Mercedes, Kia en Hyundai nie indiwiduele syfers bekend maak nie. Syfers is beskikbaar gestel deur NAAMSA.

151110_fiat-professional_dim_03