Suid Kaap Ou Motorklub

Suid Kaap Ou Motorklub

Die Suid-Kaap Oumotorklub (SKOMK) is op 3 Junie 1988 te George gestig en bestaan uit ‘n groep mense wat passievol is oor die bewaring van ons vervoer-erfenis, of dit nou motors, motorfietse of plaasimplemente van toeka se dae is.

 

Alhoewel die SKOMK die bekendste is vir die jaarlikse George Oumotorskou wat in Februarie van elke jaar plaasvind is die gesinsklub ook deur die jaar besig met verskeie bedrywighede. Een van hierdie sosiale byeenkomste het onslangs by die Scribs Benzeum, ‘n private versameling van Mercedes Benz motors van Dr Waldo Scribante, plaasgevind. Dan was daar ook ‘n dans, ‘n moedersdag ete en selfs ‘n braai in Meiringspoort. ‘n Naweek in die Karoo Nasionale Park is ook in die vooruitsig en die jaarlikse Erfenis Toer is ‘n hoogtepunt.

 

Die SKOMK is ‘n gesinsklub wat streef om die vervoererfenis te bewaar deur hierdie kosbare skatte te versamel, te restoureer en uit te stal. Enige oumotor/fiets of trekker entoesias is welkom om by die klub aan te sluit. Die klub kan gekontak word by info@scocc.co.za

1 2