Toy Run 2016 27 November – George

Toy Run 2016 27 November – George

Dis weer sulke tyd! Tyd vir die jaarlikse Toy Run. Die Suid Kaap Toy Run word elke jaar in ‘n ander Suid Kaapse dorp gehou en hierdie jaar is George aan die beurt. Die gewilde liefdadigheid-geleentheid groei elke jaar en die motorfietsryers maak hul harte en beursies oop om kinderharte in die feestyd verbly.

 

Die jaar se geleentheid vind plaas op Sondag 27 November en motorfietsryers van George, Mosselbaai, Oudtsoorn en Knysna sal saamtrek by Redefine Square onder in York straat vanwaar die massarit om 10 uur sal begin. Die massarit sal via York en Courtney strate na die George Ryskool in Glenwoodlaan beweeg. Daar sal die motorfiets ryers besig gehou word met kos stalletjies en motorfiets-speletjies. Daar is hierdie jaar ook verskeie pryse te wen en lootjies sal verkoop word vir ‘n 125cc Sym bromponie.

 

Die geleentheid word geniet deur oud en jonk teenwoordig, maar die grootste glimlagte van die dag behoort aan die kinders. Kersvaders ry nie net op sleë nie, soms daag hulle op op brullende motorfietse. Laat jou motorfiets een van hulle wees!

tr1 tr2