TOYOTA HILUX SA se gewildste bakkie wys sy nuwe gesig Artikel en Fotos: Johann van Tonder

TOYOTA HILUX  SA se gewildste bakkie wys sy nuwe gesig Artikel en Fotos: Johann van Tonder

Media bekendstellings kom nie groter as hierdie nie. Die Toyota Hilux is nie net Suid Afrika se top verkoper bakkie nie, dit is in der waarheid Suid Afrika se top verkoper voertuig. Suid Afrika is bakkie wêreld en as daar ‘n nuwe Hilux geloots word is dit gróót nuus.


Dit is dus met groot belangstelling dat die land se motor media op Kyalami saamgetrek om die nuweling van nader te beskou. Die nuut geboude Kyalami renbaan klink dalk na ‘n vreemde plek om ‘n bakkie te loods, maar die wêreldklas fasiliteit bied inderwaarheid ‘n hele reeks van geleenthede om voertuie te toets, insluitend ‘n 4×4 baan. Die bakkies is darem ook in die stad en op die grondpaaie tussen die magalliesberge van nader leer ken.
Tipies Toyota is die nuwe Hilux visieël nie radikaal verander nie. Aan die voorkant strek die uitstaande sierrooster met sterk horisontale stawe tot by die omvou-kopligte, wat ’n fris, verenigde voorkoms bied. Van die kant gesien vloei die gespierde wielnisse netjies by die sterk visuele lyn wat van voor tot agter strek, in.
Die binneruim-nuwighede wat die kollig steel, behels die nuwe hoëtegnologiese raakskerm-klankstelsel wat lyk asof dit uit die middel van die voorpaneel ‘sweef’. Koel, blou beligting vloei regdeur die kajuit ‒ van die maklik leesbare instrumentehuisie tot die beheerpaneel vir die lugversorging, klankstelsel en skakelaarbeligting. Die algehele gevoel van die kajuit is een van hoë gehalte, vernuwende ontwerp en gebruiksvriendelikheid.
Die nuwe Hilux, wat behoorlik aan die belofte oor gevorderdheid voldoen, pronk met ’n aantal elektroniese bestuurdershulpmiddels. Dit sluit in Toyota se hoogsaangeskrewe aktiewe kloubeheer (A-TRC) wat in die Land Cruiser-reeks voertuie aangetref word. Ander stelesels sluit in Opdraandewegtrekhulp (HAC) en Afdraandebeheer (DAC) eksklusief in die 4×4-weergawes wat help om die voertuig se spoed teen steil, gladde of ongelyke afdraandes te beheer.
’n Reeks nuutontwikkelde enjins dryf die nuwe Hilux aan en bied beter verrigting, doeltreffendheid en verfyning. Die nuwe ‘Global Diesel’-reeks enjins is in 2,4ℓ- en 2,8ℓ-formaat beskikbaar. Die 2393cc-eenheid lewer 110 kW en 343 Nm en word in die nutsmodelle ingespan. Die 2755cc GD-enjin lewer 130 kW en 420Nm, terwyl die outomatiese weergawe tot 450Nm wringkrag bied.
Drie petrolenjins is beskikbaar ‒ ’n tweeliter-viersilinder-VVT-i van 100 kW en 182 Nm wat as wegspringpunt vir die petrolreeks dien. Dié enjin sal aangevul word deur ’n hersiene weergawe van die bekende 2,7ℓ-VVTi wat 122 kW en 245 Nm met ’n 10%-verbetering in brandstofekonomie bied. Die reeks word deur die bekende vierliter-V6 wat ’n gespierde 175kW en 376 Nm lewer, afgerond.
Ratkaste sluit in 5- of 6-gang-handratkaste. Die werkesel-modelle sal die geharde vyfgang-handratkas kry terwyl die hoërgraadse modelle ’n keuse tussen die nuwe sesgang-handratkas of outomatiese sesgang-transmissie bied. ’n Wêreld-eerste in hierdie segment is die gebruik van Toyota se intelligente handratskakeling (iMT) vir sekere modelle. Die iMT-stelsel maak gebruik van tegnologie wat die enjinspoed by die ratkas aanpas wanneer die bestuurder deur die ratte skakel ten einde ’n ultra-soepel rit te bied en die voertuig seepglad te laat wegtrek.
Die nuwe Hilux-reeks se pryse bly uiters mededingend, en sommige modelle is ten spyte van aansienlik meer toerusting eintlik goedkoper as hul voorgangers. Toyota het skerp op die waarde-proposisie van die nuwe reeks gefokus en bied kopers skitterende waarde vir geld.
Pryse is as volg:
Enkelkajuit:
Van R228 900 tot R 435 900
Xtra-kajuit:
Van R333 900 tot R470 900
Dubbelkajuit:
Van R 377 900 tot R593 900

toyota1