VW Amarok wys sy staal Pret, braaivleis en viertrek by Paradise 4×4 Johann van Tonder

VW Amarok wys sy staal Pret, braaivleis en viertrek by Paradise 4×4 Johann van Tonder

Tavcor George het onlangs weer hul gewilde Amarok 4×4 dag by Paradise 4×4 in Wildernis aangebied. Die Amarok het sedert sy verskyning in SA die bakkie manne aan die praat.

Die rede vir die ywerige debat is die Amarok se 2 liter-dubbelturbodiesel enjin, want sien, in Suid Afrika glo die manne ‘n bakkie moet ‘n 3 liter wees. Die ander aspekte, soos die ruim kajuit met sedanmotor-toerustingvlakke, of die feit dat die bakkie so gemaklik soos ‘n sportnuts ry, word gerieflik vergeet. Daar word ook nie maklik oor die syfers gepraat nie, want sien, Volkwagen se Amarok is nie net een van die vinnigste bakkies 0-100km/h nie, hy is ook die vinnigste van 100km/h tot nul.

Genooide gaste en 13 Volkswagen Amaroks het aan die dag deel geneem.  Amarok eienaars het die geleentheid gehad om hulle voertuie op die 4×4 baan te toets nadat Andre De Villiers van Safari 4×4 Roetes hulle ingelig het oor die ware vaardighede van die Amarok.  Die 4Motion Volkwagens het nie teleurgestel nie. Die hele sand roete, insluitend die lang hindernis genaamd “Fugly”, is gemaklik kaf gedraf.

 

Dit was ‘n heerlike prettige dag en Amarok eienaars, asook voornemende Amarok eienaars kan gerus uitkyk vir die volgende Tavcor 4×4 dag.

1 2 3 4 5 6